Lize-Mari & Elrich
21 . 09 . 2024
Engelbrecht Bruilof
Die fyner details
Saterdag, 21 September 2024
Dublin Safaris, Louwna
Tyd: 15:30 vir 16:00
Kleredrag: Semi-formeel
Kleurskema: Enige sagte pastel-kleure
* Alle gaste word vriendelik versoek om asseblief by die riglyn van semi-formele
kleredrag te hou. Dus, geen denims, kortbroeke, plakkies, mini-rokkies ens.
Kontantkroeg beskikbaar
Kinders en metgeselle: Slegs per uitnodiging
* Kinders en metgeselle welkom slegs as die bruidspaar 'n direkte uitnodiging
aan die paartjie of aan die ouers/gesin gestuur het.
Daar sal Vrydag aand 'n bring-en-braai by die venue (Dublin Safaris) wees.
Alle gaste, insluitend dié wat by ander verblyf oornag, is welkom.
Bykosse sal voorsien word.
RSVP asseblief teen 1 Mei 2024
Padkaart en aanwysings
Afhangend van u voorkeur en tipe voertuig, is daar twee roetes om van te kies.
Kliek op die skakel om die padkaart met beide roete opsies te besigtig.
Verblyf
Beperkte hoeveelhede verblyf is by die venue beskikbaar; kontak asseblief
vir Lize-Mari (slegs via Whatsapp) om jou plek by Dublin Safaris te bespreek.
Alternatiewelik kan u die onderstaande skakel volg vir 'n lys van ander gastehuise in Vryburg.
* Vir gaste wat verblyf in Vryburg geboek het:
Daar sal 'n 14-sitplek bussie beskikbaar wees om gaste vanaf Vryburg na die
venue toe en terug te vervoer. Kontak asseblief vir Lize Mari (slegs via Whatsapp)
indien u van hierdie diens gebruik wil maak.
Geskenk idees
Sou u dalk 'n geskenk wou koop, spaar jouself die dorp toe loop.
Bêre die noot vir eers in die kas en kom plaas dit in ons wittebrood-tas.